Sunday, 20 November 2011

DIE BOEK OPSOMMING. . . .

Alle regte voorbehou:
GiG-chick Tania Bisset GiG-Partnership
©

GiG-chick is hier om te bly. . .  reg om SA en Wereld te vertel soos nog nooit gehoor nie " God is Genoeg" net dit, niks minder, niks meer nie. Ek gaan oor die volgende week met jou deel rondom die volgende:

: Die Boek - opsommend /visie/ misie/ managing moment of truth

: Wie is GiG-chick eintlik . . .

: Roete 14;14 ( 3 vriendinne . . . so het ek ontdek God is Genoeg in die kuber ruimte...)

: Waarom die titel GiG-Chick ?

: Temas van die Boek GiG-chick

: Die Uitgewer . . . verrassing!

: Die GiG CD met 1 MEESTER-kunstenaar wat vertel hoekom God genoeg is vir hulle met n song...en n hele reeks lekker GiG-chickeling Kitaar en Woord songs

: Die GiG- Brand eksklusief deur  Flash and Learn Uitgewers en Ontwikkelaars vir GiG-chick Tania Bisset

: Eksklusiewe Netwerk Akkreditasie  ( DCS SA)

: 7 Besprekings moontlikhede vir jou vir 2013 (Ja ek kan oor enigiets praat enige tema maar God het die temas gekies deur Sy Gees dus hou ek suiwer by dit - jy kan wel biddend hoor watter een Hy op jou hart drk vir jou groep of behoefte)

8. Die Boek Launch en baie meer...





DIE OPSOMMING: " Hierdie magtige wind, hierdie donker watermassas wat uit die dieptes opstyg om my van bo af te oorweldig of my lewe op die rotse te laat loop... So, het sy gedink, het Jona binne in die vis gevoel. U het my die diepte ingegooi, diep in die see, en die watermassa het my omring, seegras was om my kop gedraai (Jona 2:3,5) Sy het drie vingers van haar linkerhand met die vingers van haar regterhand vasgeklem, asof sy in die stormsee aan die woorde hang " God is Genoeg" het sy geprewel. Sy het ander die drie woorde leer se " God is genoeg" Nou was sy self in die diepsee haar lewensboot uitmekaargeruk. Die gesig wat sy in die spieel gesien het, het soos die van n lang termyn vroue gevangene gelyf. of nee. haar oe was meer verwese, die kringe daaronder donkerder. " God is Genoeg" het sy weer gese, so dat sy haar eie stem kon hoor. Sy het haar Bybel by Job 37:13 oopgemaak en na die woorde gestaar: God stuur die storm of om te straf, of om vir die aarde te sorg, of om sy liefde te toon. As God se liefde so lyk, so vernietigend en seer, so woedend en vernederend, het Tania gedink, is Hy self onverduurbaar. Maar die stem het met haar gepraat. Se dit weer, het die Heilige Gees vir haar gese. Tania het die drie vingers van haar linkerhand stywer vasgevat en haar belydenis vir die derde keer, hierdie keer asof vir die eerste keer voor duisend mense uitgespreek " God is genoeg" Ek sal n GiG-chick bly, het sy geweet. n God is Genoeg chick! En sy het gebewe, maar nie omdat dit buite so koud was nie . . . " Tania Bisset - GiG-Partnership God Jesus Heilige Gees 

No comments: