SLAAF VAN DIE “ GOEIE OUE DAE” . . .
Lukas 9:62 het ek gelees, toe ontdek ek die:
God is nie beindruk met mense wat nie dankbaar is vir wat
hulle het nie… om baie eerlik te wees het die lewe my geleer en gewys, dis juis
diesulkes wat die maklikste en vinnigte in sonde se strikke val…
Dink vir n oomblik terug aan die kinders van Israel, toe
hulle nie kry wat hulle wil nie, neul hulle, kla hulle… soveel so dat hulle die
“die goeie ou dae” onthou het…
Dis n klassieke voorbeeld van teruggly in sonde se strik…
Hoeveel keer vertel jy nie vir God “hoe goed die goeie ou dae” was in jou lewe
.. . .hoeveel keer verlang jy nie na die “goeie ou dae” nie…. Hoeveel keer
wonder jy nie wanneer jy nou deur storms gaan hoe goed “die goeie ou dae” was…
Hoor my hart, moeilikheid begin vinnig wanneer jy jou lewenspaadjie se
voetspore begin verwyt in hierdie lewe …jy word n baksteen in jou eie pad en
wandel met God…
Ek kan die prentjie van die
kinders van Israel
volkleur sien…. Hoor hoe kla hulle oor die nuwe skoene wat hulle nie kan kry nie…. Dit terwyl
die ou skoene se tyd nog lank nie oor en uit is nie…. Hoor jy jouself tussen
die woorde… ek moes… O hoe het hulle nie geneul en gesmag na n splinternuwe
klerekas , terwyl hulle nie eens die bestaande klere eens kon klaar dra nie…Stel jou dit voor: hulle was in die middel van n voorsiene
beplande God-gegewe wonderwerk te blind om te sien. . . is ons nie soms oop-oog
blind nie….
O liewe mens, ek smeek jou, moet nooit ooit teruggaan na n
slawerny van Egipte mentaliteit van die “goeie ou dae”, Kies n gesindheid
doelbewus van lof en aanbidding om lofprysend te bid vir dit wat God jou wel
gegee het en wat jy het, nou, vandag, op hierdie oomblik.. So kwalifiseer jy
vir nog meer seen en voorsiening uit God se Hand en Hart.
Enigiets minder as dit het ek ontdek kwalifiseer jou maar
net om die lewe op jou eie te hanteer. . . sonder God se seen, guns,
voorsiening, beskerming om van leiding rigting nie eens te praat nie… Ek weet,
was daar…dis nie lank of Hy lig Sy Hand van jou lewe vir n klein rukkie (wat
soos n ewigheid voel) en dan laat Hy jou toe om al die “seen van jou Egipte te geniet” …dit sluit in slawerny,
brutaliteit, allerhande “gunste en gawes” wat die lewe jou kan bied buite God
se voorsiening…
GLO MY asb…. die ERGSTE DAG dag in God se Koninkryk, is by
verre beter as buite Sy Koninkryk. Bewaak jou tong…wees dankbaar vir wat jy het
en God sal jou kwalifiseer om net Sy Beste te ontvang in hierdie lewe….Hy
vertrou net Sy Beste toe aan hulle wat betroubaar en dankbaar is. . .
Ja, ekself is soos n Rut, op die dorsvloer van die lewe
gestroop… naak oorgebly…met selfs net n naakte…dit was genoeg…God is Genoeg…
daar in my “moabsveld” het ek geleer wat betroubaarheid en dankbaarheid werklik
beteken en nooit ooit sal ek dit weer vergeet nie, dis ingegraveer in my hart
my siel my liggaam my alles….min het vir my skielik meer geword… en ek is stil
tevrede met Hom soos Hy stil tevrede met my is…
Bid saam met my hierdie gebed :
“ DANKIE JESUS….dankie vir lewe, vir hoop, vir Vryheid, vir
n onbeskryflike rede om te lewe – vir U en U Koninkryk! Ek het geen begeerte om die herinneringe van
die verlede, die “goeie ou dae” na terug te keer nie, ja Here…..ek verlang nie
meer nie! Die oue is verby die nuwe het gekom…My gesig is gerig op U en U Troon
Here God om U Koninkryk te bou…Ek het te veel om te doen Here, om te tob oor
die verlede en die “goeie ou dae” …om te tob oor dinge wat ek gehad het…en nou
nie het nie.. AL
daai dinge is nou vir my soos vullis, riool…in vergelyking met dit wat ek in U
het. God is Genoeg…vir my.” AMEN
Alle Regte Voorbehou
GiG-Vrou Tania Bisset
Journey with Jesus Devotional (Tania Bisset alle regte
voorbehou)
PS: Kom ek getuig so stukkie persoonlike hart met jou wat
vandag ontvou het en my in trane laat swem het, ja nie hartseer trane…DANKBARE
HART TRANE…toe ek die woorde van my seun ontvang …mag jy deur die deel my hart
in hierdie blog raaklees!
“Moeksie is regtig n voorbeeld vir ons almal, om deur alles
en met so min nogsteeds te GLO en so passievol te wees oor die Here!!! Ek weet
dit kan nie altyd maklik wees nie, dat Moeks
hard werk maar nie die geld kry wat ma verdien om ook iets so eenvoudig soos n
tv te kan
koop nie!! Maar ek bid dat Moeksie geluk en sukses sal vind bo Moeksie se
verwagtinge!!! En al het moeks nie n ma of pa nie het moeksie ALTYD vir MY as moeks se kind en familie en ek s lief
vir ma nes ma is!!!!!!
Ek antwoord hom: “ Ai my kind, jy maak my sommer huil…God is
Genoeg my kind, mag jy dit erf by my dis n skat wat geld nie kan koop nie, n
liefde wat niks en niemand en die wereld
jou nie kan bied nie my kind, lief jou…dankie… mamma xxx”
Hy gaan aan…. “ Weet ma, al het ma nie eens matriek nie is
moeksie altyd die een wat ek (wat matriek het) vra vir raad en moeksie is altyd
die een wat altyd antwoorde het vir my
en vir almal anders ook! Lief vir Moeksie!!! Moet asb nie te laat werk nie ne…”
Ek antwoord terug “ Ek het nie woorde, my woorde is min, my hart loop oor van dankbaarheid…ook
vir jou my kind… wat n voorreg om jou moeksie te wees…onthou altyd: vals note
swart note op die klavier van die lewe is ook nodig anders word die lied nie
perfek afgerond nie…dankie tog die swart note is baie minder as die wittes, ne…
Mwahx Mamma het jou liewer as lief, ek is lief en dankbaar vir jou… jy maak my
glimlag en ek weet God glimlag en deel n traan met my en jou oor ons goue
oomblikke – diep dankbaarheid in die mees eenvoudigste eenvoud dae van my lewe.
. . prysloos my kind prysloos! God is
Genoeg dis jou erfenis jou skat wat ek jou gee… ALTYD JOU MOEKSIE xxx
No comments:
Post a Comment